Otjozondjupa-bevelvoerder vergader Vrydag in Okahandja

Kommissaris Heinrich Tjiveze, Nampol se Otjozondjupa-bevelvoerder, sal die komende Vrydag om 09:00 met inwoners en boere op Okahandja by die Reitklub rakende misdaad, vergader. Nampol-hoofde het reeds in verskeie streke met inwoners, en veral die boeregemeenskap bymekaar gekom om oplossings vir veral veediefstal en stropery te vind. Otjozondjupa-woordvoerder, inspekteur Maureen Mbeha het lede van die gemeenskap aangemoedig om die vergadering by te woon.