Wêreldrugby se verbod op Rassie Erasmus verstryk 

Rugby: Wêreldrugby se verbod op Rassie Erasmus het amptelik verstryk, wat beteken SA Rugby se direkteur van rugby mag weer Springboktoetse bywoon. Die verbod het gevolg op ‘n video wat hy gemaak het oor die wedstrydbeamptes se vertoning in verlede jaar se eerste toets tussen Suid-Afrika en die Britse en Ierse Leeus, hoewel hy volhou dit was ‘n privaat mening. Erasmus se eerste dag terug by die Bokke sal op sy 50ste verjaarsdag op 5 November wees, wanneer die span in Dublin teen Ierland speel.