Tromp sê aanpasbaarheid en identifisering van geleenthede lei tot Nictus-sukses

Nictus Holdings se besturende direkteur Phillipus Tromp sê aanpasbaarheid en flink optrede om geleenthede aan te gryp, het bygedra tot die maatskappy se uitstekende prestasie. Nictus se bedryfswins vir die 15 maande geëindig 30 Junie 2022 het met 85 persent gestyg vergeleke met die 12 maande geëindig 31 Maart 2021. Die groep het ‘n bedryfswins van nagenoeg 55,6 miljoen Namibiese dollar vir die tydperk onder oorsig gerapporteer, ‘n toename van byna 25,6 miljoen dollar vergeleke met sy vorige boekjaar. Tromp sê hulle planne en aktiwiteite het versnel na die verlangsaming wat tydens die pandemie ervaar is.