Johannesburgse burgemeester uitgestem

Johannesburg se burgemeester, Mpho Phalatse, is uit haar posisie verwyder nadat raadslede ten gunste van ‘n mosie van wantroue teen haar gestem het. Phalatse het ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof gebring in ‘n poging om die mosie te keer. Dit volg nadat die raad vroeër die maand die gewese speaker, Vasco da Gama, verwyder het met die hulp van partye wat in ‘n koalisie met die DA is. Hulle het Colleen Makhubele as die nuwe speaker verkies. Makhubele sê die mosie om Phalatse te verwyder is met 139 stemme aanvaar.