Wêreldrekords spat in Eugene

Atletiek: Armand Duplantis van Swede het op die Wêreldkampioenskap in Eugene, Oregon, in Amerika sy wêreldrekord in die paalspring weereens verbeter toe hy op ‘n hoogte van 6,21 meter oor die dwarsbalk is. Dit is die vyfde keer dat die 22-jarige Olimpiese kampioen die wêreldrekord verbeter. Afrika was ook suksesvol toe Tobi Amusan van Nigerië die wêreldrekord in die 100 meter-hekkies verbeter het met ‘n uitmuntende halfeindronde-tyd van 12,12 sekondes. Sy het daarna goud ingepalm in die eindronde.