Bushiri’s se uitlewering in Malawi aangehoor

Die hoof-landdroshof in Lilongwe, Malawi, het Suid-Afrika se aansoek aangehoor vir ‘n bevel om die uitleweringsaangeleentheid van Shepherd en Mary Bushiri na die land se hoërhof te verwys. Uitspraak is tot 5 Augustus voorbehou. Suid-Afrika se minister van justisie en korrektiewe Dienste, Ronald Lamola, het die media vandag ingelig oor hoëprofiel uitlewerings- en wedersydse regshulp-aangeleenthede. Hy sê die staat wil hê getuie-verklarings namens Suid-Afrika moet voor ‘n bevoegde hof gedoen word.