Taxi-gebruikers gee hul reaksie oor protes-aksie

Die beplande protes-aksie deur die Namibiese Vervoer en Taxi-unie sal môre soos beplan, begin, en Kosmos 94.1 Nuus die reaksie van taxi-gebruikers gevra . Die unie eis ‘n 40 persent verhoging in tariewe en sê ‘n verhoging is twee jaar gelede gegee en intussen het alles duurder geword, brandstof en onderhoud ingesluit. Taxi-gebruikers het gesê hoe dit hul daaglikse lewensbestaan gaan raak.