Wêreldhof in Den Haag se uitspraak oor SWA was vandag 56 jaar gelede

Die Wêreldhof in Den Haag, Nederland, se uitspraak oor Suid-Afrika se mandaat oor Suidwes-Afrika het vandag presies 56 jaar gelede op 18 Julie 1966 plaasgevind. Suid-Afrika het op dié dag asem opgehou vir die besluit van die saak Ethiopië en Liberië versus Suid-Afrika. Dr. Riaan Eksteen, was Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië ná onafhanklikheidwording en hy woon nou op Swakopmund. Hy onthou dié geskiedkundige uitspraak.