Australiese rugby-toeskouer lewenslank verban

Rugby: Rugby Australië het ‘n toeskouer lewenslank verban omdat hy op die dak van ‘n pawiljoen geklim het gedurende Saterdag se beslissende toets tussen die Wallabies en Engeland in Sydney. Die man het op die dak urineer tydens die tweede helfte van die wedstryd op die Sydney Krieket-terrein wat Engeland 21-17 gewen het om die reeks 2-1 te beklink. Die plaaslike polisie het die man in hegtenis geneem en aangekla van onbehoorlike gedrag. Die beheerliggaam het ook die gedrag van Wallabie-ondersteuners veroordeel wat Engeland se Australies-gebore afrigter, Eddie Jones, ‘n verraaier genoem het.