Stem vir Keetmanshoop as Kwêla Dorp van die Jaar

Keetmanshoop is genomineer vir kykNET se Kwêla Dorp van die Jaar vir 2022. Die Suide-dorp in die Karas-streek is as die Namibiese finalis aangewys. Swakopmund is in die verlede al as Dorp van die Jaar gekroon. Keetmanshoop-munisipaliteit se woordvoerder, Dawn Kruger, doen ‘n beroep op Namibiërs om te stem vir Keetmanshoop. Sy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe die stemproses werk.