Wêreldbank wil meer leen om klimaatskrisisse te takel

Die Wêreldbank wil sy uitleen-vermoë aansienlik uitbrei om klimaatsverandering en ander wêreldwye krisisse aan te pak. Die bank sal voor sy April-vergaderings met aandeelhouers onderhandel oor voorstelle wat ‘n kapitaal-verhoging en nuwe uitleen-instrumente insluit, volgens ‘n voorskrif wat aan aandeelhouer-regerings gestuur is. Die dokument is die begin van ‘n onderhandelings-proses om die bank se sending en fokus van finansiële hulpbronne te verander, en dit te verskuif van die land- en projek-spesifieke-uitleenmodel, wat sedert die stigting van die bank aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog gebruik word.