Verkeer in buurland is druk besig

Motoriste in Namibië en in die buurland is besig om na die langnaweek huiswaarts te keer. Die N3-tolpadkonsessie verwag vandag ‘n verdere toename in spitsverkeervolume op die N3 van KwaZulu-Natal na Gauteng soos vakansiegangers huis toe begin keer. Maandag het 2 000 voertuie per uur in ‘n noordwaartse rigting na Gauteng beweeg. Die bedryfsbestuurder van die N3-tolpadkonsessie, Thania Dhoogra, sê soos die roete besiger word is verkeersopeenhopings ‘n groot moontlikheid, wat die risiko en waarskynlikheid verhoog van onverwagte vertragings.