Verhoging van minimum loon kan werkloosheid in SA laat styg

Die Suid-Afrikaanse regering se voorgestelde verhoging in die minimum loon kan werkloosheid verder laat toeneem. Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê hoewel baie werknemers meer geld nodig het, kan sommige werkgewers dit dalk net nie bekostig nie. Belanghebbendes het tot 13 Januarie om te reageer op die voorgestelde verhoging van agt-persent. Die vereniging se bestuurshoof, Gerhard Papenfus sê die voorgestelde verhoging is net ‘n bietjie meer as die heersende inflasiekoers. Hy sê die land sit met ‘n hoë werkloosheidsyfer en die uitdaging is altyd hoe om te voldoen aan die eise van diegene wat minimum lone ontvang.