Wêreldbank waarsku oor resessie en ontwikkelende lande

Die Wêreldbank waarsku die grootste uitdaging wat die ontwikkelende wêreld in die gesig staar, is die wêreldwye skerp daling in ekonomiese groei wat tot ‘n globale resessie kan lei. Die bank se president, David Malpass, het by die Stanford-universiteit gesê die ontwikkelende wêreld staar in die nabye toekoms uiters uitdagende probleme in die gesig. Dit word veroorsaak deur hoër energiepryse, stygende rentekoerse, verswakkende geldeenhede en die uitvloei van kapitaal. Hy waarsku lande om maniere te vind om inflasie te beperk, insluitend groter fiskale doeltreffendheid om meer op armes en kwesbares te bestee.