Menseregte en plaasgemeenskappe vandag onder die loep

Die Menseregtekommissie in die Vrystaat voer vandag ‘n menseregtedialoog met die plaasgemeenskappe en sommige van die belanghebbers in Memel en Vrede in die Phumelela Plaaslike Munisipaliteit. Die MRK is bekommerd oor tientalle verbrekings van menseregte en sosio-ekonomiese regte waarmee gemeenskappe te doen kry. Die woordvoerder van die kommissie, Thabang Kheswa, sê onmiddellike ingryping deur regeringsinstellings is nodig: