Durban se strande weer gesluit – watergehalte is problematies

eThekwini-munisipaliteit sê volgens die jongste toetsuitslae van strande se water het sommige se gehalte verbeter terwyl ander verswak het. In die suide van die gebied is die watergehalte so swak dat strande onmiddellik gesluit is. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela het met die media gepraat.