Wêreldbank: inklusiewe groei, gereedheid is krities

Die President van die Wêreldbank-groep, David Malpass, het ‘n beroep op die wêreld gedoen om dringend te beweeg in die rigting van geleenthede en oplossings wat ‘n groen, veerkragtige en inklusiewe ekonomiese herstel van die Covid-19 pandemie sal bereik. Hy het ‘n virtuele toespraak gelewer voor die Londonse Skool vir Ekonomie. Malpass sê dit is van die uiterste belang dat lande gehelp word om hulle gereedheid vir toekomstige pandemies te verbeter en die ontwikkeling en aanvaarding van digitale tegnologieë te versnel: