Hengelaars by Swakoppoort moet waai

NamWater is vandag in die Hoërhof voor Regter Hannelie Prinsloo in ‘n poging om ‘n uitsettingsbevel teen die Namibiese Federasie vir Varswater Hengelaars by die Swakoppoortdam te bekom. Die watervoorsiener sê daar is reeds in Augustus 2016 ooreengekom dat die federasie die gebied in sou verlaat, 13 maande voor die drie-jaar kontrak wat in 2014 onderteken is, sou verstryk. NamWater sê die federasie het nog steeds nie ontruim nie. Die maatskappy het nie redes verskaf oor hoekom die hengelaars moet uit nie. Die federasie sal die saak verdedig en daar is volgens die saak beplanning ooreengekom dat hy sy stukke teen 3 Mei sal indien. Die saak sal vandag verder voor Regter Prinsloo deur die partye beplan word.