Landbou se entstof-uitdagings duur voort

Die voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum in Suid-Afrika dr. Gerhard Schutte sê entstoftekorte vanaf Onderstepoort duur voort. Hy sê daar is aangekondig dat verskeie produkte binnekort beskikbaar sal wees vir landbou maar, daar is kommer omdat goeie reën in groot dele voorgekom het en diere moet reeds teen verskeie siektes ingeënt wees. In ander gevalle is daar eenvoudig geen beskikbare produkte nie.