Wêreld-vleilanddag vandag herdenk

Die minister van bosbou, visserye en die omgewing in die buurland, Barbara Creecy, vra Suid-Afrikaners om saam te werk om vleilande te beskerm terwyl die land Wêreld-vleilanddag gedenk. Die doel is om bewustheid te kweek en om die begrip vir die kritieke belangrikheid van hierdie ekostelsels te vergroot. Volgens Creecy is Suid-Afrika ʼn waterskaars land en om watergehalte en -hoeveelheid te verbeter, asook die belangrikheid van maatreëls om vleilande te herstel, kan nie oorbeklemtoon word nie.