Wêreld treur steeds oor Diana, 25 jaar na haar dood

Dit is vandag 25 jaar sedert prinses Diana in Parys in ‘n motorongeluk dood is. Diana word onthou vir die herlewing wat sy in die gewildheid van die monargie meegebring het. Maar, haar huwelik aan prins Charles was nie ‘n sprokiesverhaal nie. In haar nou bekende, en omstrede, onderhoud in Augustus 1995 met die BBC, het sy gepraat oor haar depressie na die geboorte van prins William.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê hy sal alles in sy vermoë doen om aanvalsgewere onwettig te verklaar en uit die samelewing te verwyder. Hy sê die tipe gewere dien geen doel behalwe in ‘n oorlog nie.