N$650m se staatseffekte word opgeveil om Shiimi se begroting by te staan

Die Namibiese regering sal poog om 650 miljoen Namibiese dollar van maatskappye en individue te leen om sy begrotingsbeloftes, en verhoging vir staatsamptenare, na te kom. Volgens ‘n uitnodiging deur die Bank van Namibië beplan hy om môre ‘n veiling te hou om die fondse in te samel vir die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, om die begroting te laat klop. Dit sal gedoen word deur ‘n veiling van drie maande se staatseffekte. Salomo Hei, ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence verduidelik.