Wêreld Toerisme-dag is uiters belangrik vir Namibië

Namibië sluit vandag aan by die res van die wêreld in die herdenking van Wêreld Toerisme-dag. Die pandemie het die bedryf wêreldwyd op sy knieë gedwing en lande soos Namibië wat staatmaak op toerisme, het baie swaar gekry met talle besighede wat hul deure moes sluit. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die dag is uiters belangrik vir Namibië.