Putin het self sy probleme geskep

Die afgetrede Britse generaal, Lord Francis Dannatt sê Russiese President Vladimir Putin se probleme in sy land het hy self geskep. Daar is regoor die land groot opstand oor die diensplig waar ‘n minimum van 300 000 reserviste opgeroep word. Dannatt sê die oorlog was vir Russe altyd elders en iemand anders s’n, maar nou het dit tuis gekom.