Wêreld Skoonlug-dag: Ons weet wat om te doen

Vandag word Wêreld Skoonlug-dag herdenk. Jaarliks word een uit ses sterftes deur vuil lug veroorsaak met 9 miljoen mense wat jaarliks sterf aan oorsake wat deur lugbesoedeling veroorsaak word. Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê die wêreld weet presies wat om te doen.