Ope: Al vier spelers in kwarteindronde wil geskiedenis maak

Al vier spelers in die Amerikaanse Ope se kwarteindronde wat in die onderste helfte van die mans se ranglys is, gaan vandag probeer om vir die eerste keer die halfeindronde in ‘n Grand Slam-toernooi te haal. Die Spanjaard Carlos Alcaraz kom teen die Italianer Jannik Sinner te staan. Die laaste Amerikaner in die trekking, Frances Tiafoe, gaan probeer om sy oorwinning oor Rafael Nadal van Spanje op te volg met ‘n sege oor die Rus, Andrey Rublev. In die vroueafdeling sal die wêreld se nommer een, Iga Swiatek van Pole, en die Amerikaner Jessica Pegula kragte meet terwyl die 22ste gekeurde Tsjeg, Karolina Pliskova, en die sesde gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus sake sal uitspook.