Sanef veroordeel Zuma dagvaardiging as intimidasie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê die dagvaarding wat oudpresident Jacob Zuma se regspan aan News24 se spesialis-regsjoernalis, Karyn Maughan, beteken het, is ‘n duidelike geval van intimidasie met die uitsluitlike doel om haar stil te maak. Balju’s het gister namens Zuma se regspan dagvaardings aan staatsaanklaer Billy Downer en Maughan beteken. Die privaat vervolging deur Zuma hou verband met bewerings dat Downer Zuma se vertroulike mediese rekords aan Maughan uitgelek het. Sanef sê hierdie privaat vervolging is wraakgierig.