Wêreld-poliodag vandag herdenk

Vandag is Wêreld-poliodag. Die dag is ingestel om mense weer bewus te maak van dié virussiekte en die suksesvolle voorkoming daarvan deur inenting. Polio is ‘n hoogs aansteeklike siekte wat die senuweestelsel aantas en verlamming kan veroorsaak. Die wêreld het in 1988 onderneem om die wilde poliovirus uit te roei en vandag is vyf van die Wêreldgesondheidsorganisasie se ses streke poliovry. Die virus is endemies in nog net twee lande, naamlik Afghanistan en Pakistan. Die Wêreld Polio-uitwissingsinisiatief speel ‘n deurslaggewende rol in die stryd teen poliomiëlitis wêreldwyd.