35 000 jongmense in SA geënt

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsdepartement sê sedert Woensdag toe inentings vir kinders tussen 12 en 17 jaar begin het, het meer as 35 000 kinders hul Pfizer-inentings ontvang. Teen Vrydag het die departement reeds 93 000 kinders in hierdie ouderdomsgroep geregistreer. Die nuwe ouderdomsgroep sal sowat 6 miljoen mense tot die land se inentingsprogram byvoeg. Die minister, Joe Phaahla, het vroeër gesê die stap sal meer weerstand teen Covid-19 verseker met minder onderbrekings in die eksamentyd aan die einde van die jaar. Kinders het nie hul ouers se toestemming nodig om ingeënt te word nie.