Max & Lewis langs mekaar vandag in die VSA

Max Verstappen spring eerste weg in die Amerikaanse Grand Prix later vandag. Lewis Hamilton is reg langs hom in die tweede plek en sy Red Bull-spanmaat, Sergio Perez, net agter hom in die derde plek. Verstappen is ses punte voor Hamilton op die kampioenskaps-punteleer en dis die negende keer die seisoen dat hy eerste wegspring. Hamilton se Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, het in die vierde plek gekwalifiseer, maar sal negende begin nadat hy vyf strafpunte gegee is, omdat sy motor se enjin vir die sesde keer die seisoen vervang is. Verstappen het na die tyd gesê hy hoop om goed weg te spring vir die heel beste uitslag.