Wêreld op dreef om 2,8 grade te bereik

Die wêreld het nog nie die vrystelling van kweekhuisgasse aangespreek nie en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê op die huidige vlakke sal die wêreld 2,8 grade Celsius warmer wees teen die einde van die eeu. Vanjaar het ons die realiteit van ‘n toename van 1,1 grade beleef.

Kenners is dit eens dat ontwikkelende lande soos Namibië, wat veral staatmaak op die omgewing, die impakte sal voel, al het hulle nie bygdra tot die probleem nie.