Ouma (Pelosi) se besoek aan Taiwan was ‘n provokasie – Putin

Russiese President Vladimir Putin sê dat Rusland se betrekkinge met China is tans op ‘n ongekende vlak en hy en China se president, Xi Jinping, ‘n goeie vriende. Moskou en Beijing het ‘n geen-beperkingsvennootskap onderteken enkele dae voordat Rusland sy sogenaamde spesiale militêre operasie in die Oekraïne in Februarie van stapel gestuur het, en Rusland het probeer om nouer politieke en ekonomiese bande met China te smee in die lig van Westerse sanksies. Putin voeg by dat die VSA fouteer het om sy betrekkinge met China oor Taiwan te vernietig. Hy sê ook Rusland erken Taiwan as deel van die Volksrepubliek van China en sê besoeke deur Amerikaanse amptenare, insluitend die speaker van die Huis, Nanci Pelosi – na wie Putin verwys het as “ouma” –  is ’n provokasie.