Hou jou vee warm in die bibberweer

Veeprodusente is versoek om hul diere warm te hou namate temperature aanhou daal. Die direkteur van die Veeartseny-netwerk, Danie Odendaal, sê ‘n veeboer se bestuurstrategie moet koue bestuur insluit. Hoewel diere van nature toegerus is om die koue te weerstaan, moet boere ook voorsiening maak vir die uitwerking van die koue weer. Odendaal beveel aan dat boere diere ‘n proteïen-gebaseerde aanvulling gee gedurende die winter. Dit sal hulle in staat stel om meer van die voer se voedingstowwe te behou.