Welwitschias klop Maties

Namibiese rugbyspan het 36-19 teen die Maties van die Stellenbosch Universiteit gewen. Die vriendskaplike wedstryd het op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch plaasgevind. Die afrigter van die Welwitschias, Allister Coetzee, het twee afsonderlike spanne saamgestel wat elkeen 40 minute speelkans gekry het. Coetzee en sy mede-afrigters was die afgelope week op Stellenbosch vir ’n belyningskamp met ’n groep van sowat 30 spelers wat in oorweging is vir die Wêreldbekerspan.