Weinig sake by die mosiehof

Die mosiehof was vanoggend in regter Marlene Tommasi en die adjunk-regterpresident Hosea Angula se kamers gehou, in absentia. Daar was weinig aansoeke op die rol met 57 in totaal. Elf was reël 108 aansoeke en kommersiële banke het 19 aansoeke op die rol gehad. Twaalf eiendomme met uitstaande skuld van 12,36 miljoen Namibiese dollar is opgeëis en lenings ter waarde van 4,4 miljoen dollar is teruggevra. Een voertuig met skuld van 363 000 dollar is ook opgeëis. Tydens Maandag se sessie wat deur regter Collins Parker hanteer word, is daar 48 onverdedigde egskeidings.