Ruimte toe… wie’s eerste? Branson of Bezos?

Die eerste ‘burgerlike’ ruimtevaart sal binnekort plaasvind met die Britse miljardêr Richard Branson wat sy eerste vlug met Galactic voorlopig Sondag sal onderneem. Intussen het Amazon se eienaar, Jeff Bezos ook sy Blue Origin gereed om te vertrek maar geen datum is tot dusver bevestig nie. Die twee het albei belowe dat kaartjies vir vlugte beskikbaar gestel sal word en op die oomblik het Branson se Galactic reeds 600 besprekings teen 250 000 Amerikaanse dollar per kaartjie verkoop. Branson sê kommersiële vlugte sal in 2022 begin. Bezos sal sy kaartjies teen 200 000 Amerikaanse dollar verkoop wanneer sy kommersiële vlugte begin. Geen datum is tot dusver aangekondig nie.