Weermaglede van Omaheke mag glo nie in Khomas help brande blus

Boere bedank almal wat hulle tydens die verwoestende veldbrande bygestaan het om die vure te help blus. Gister het verdedigingsminister Frans Kapofi aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Namibiese weermag is bereid om te help. ‘n Groep weermaglede van Gobabis is toe georganiseer om met brandbestryding te help, maar toe hulle die Khomas-streek binnegaan, het hulle glo gesê hulle is van die Omaheke-streek en mag nie in die Khomas-streek werk nie. ‘n Boer vra of Namibië een land is of nie?