Alinda Lu’Mar is Namibiese handelsmerk-ambassadeur vir NET Afrikaans

Alinda Lu’Mar, eienaar en stigter van die gewilde sangkompetisie, Voice of Namibia, is aangewys as die Namibiese handelsmerk-ambassadeur vir die Afrikaanse betaal-tv-aanlynstromingsplatform, NET Afrikaans. Lu’Mar is ‘n gebore Suid-Afrikaner, maar het grootgeword in Namibië in die Gobabis-omgewing . Sy is ‘n gereelde kunstenaar by groot feeste in Namibië, en het oor die jare al verskeie gesogte toekennings ingepalm in beide die musiek- en skoonheidsbedryf. Lu’Mar gaan nouliks saam met NET Afrikaans werk om werksgeleenthede vir Namibiese vervaardigers en produksiehuise te skep om moontlik hul eie nuutgeskepte produksies ín en vír Afrikaans op NET Afrikaans te kan stroom.