Suid-Afrikaners moet by Covid-protokol hou tydens feestyd

Die hoof van waarneming en reaksie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, Michelle Groome, sê die skielike toename in nuwe Covid-gevalle in Gauteng is opmerklik. Aanvanklik was daar gesentreerde gevalle in Tshwane, maar alle distrikte beleef nou vinnig hoër getalle. Sy sê dit is belangrik dat mense by gesondheidsprotokol hou, veral tydens die feestyd.