Weermag, soldate moet in KZN ontplooi word

Die DA het ‘n beroep op die KwaZulu-Natalse regering gedoen om te verseker dat veiligheidsmagte dringend na sleutel ekonomiese sones ontplooi word om die provinsie se grootste bate te beskerm. Die party het versoek dat soldate by alle kleiner inkopiesentrums en familie-ondernemings ontplooi moet word, insluitend nedersettings waar talle families die grootste teikens van plunderaars was. Heinz de Boer van die DA sê Toyota se Durban-vervaardigingsaanleg is die mees onlangse groot bedryf wat ‘n beroep op kalmte en vrede gedoen het. Indien dit nie gebeur nie, kan hy gedwing word om sy bedrywighede te staak: