Polisie-, verdedigingskomitees besoek KZN, Gauteng

Die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor Verdediging en die portefeuljekomitee oor Polisie gaan vandag en môre oorsigbesoeke in onderskeidelik KwaZulu-Natal en Gauteng aflê. Dit volg na verlede week se oproer in die twee provinsies. Die voorsitter van die komitee oor polisie, Tina Joemat-Pettersson, sê die besoek is hoofsaaklik daarop gemik om die operasionele doeltreffendheid van die polisiediens te verseker met die onderdrukking van geweld, om vrede te bewerkstellig en respek vir oppergesag van die wet af te dwing. Sy voeg by hulle wil ook ononderbroke samewerking tussen die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verseker.