3t leeubene, 138kg renosterhoring vanaf SA in Vietnam gevind

Doeanebeamptes het op ‘n skeepshouer uit Suid-Afrika met 138 kilogram renosterhoring en meer as 3 ton leeubeendere is in die Da Nang-hawe in Vietnam beslag gelê. Volgens die Ho Chi Minh-polisieagentskap het die beamptes die houer deursoek. Hulle het met die Vietnamese Handel-ministerie se Teen-smokkeldepartement saamgewerk wat ‘n smokkelroete ondersoek het. Hulle het toe op die houer toegeslaan. Die horings en beendere was in verskeie kartonhouers verpak. ‘n Anti-stropingsaktivis, Kim da Rebeira, sê die Suid-Afrikaanse regering kon sekerlik ook ingetree het: