Weermag moet weg meen EFF

Die gewelddadige plundery en protesoptogte in Suid-Afrika duur steeds voort teen die tronkstraf van oudpresident Jacob Zuma. Die plundery deur Zuma-ondersteuners het sy tuisprovinsie, KwaZulu-Natal begin en na Gauteng versprei. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is ontplooi en die opposieparty EFF sê hulle soek nie soldate in die strate nie. Vuyani Pambo, EFF se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.