VN het kommer oor plaaslike voedelsekerheid

Die Wêreldvoedselprgram het sy kommer uitgespreek oor voedselsekerheid in Namibië en sê die hoofoorsake hiervan moet dringende aandag geniet. Volgens die program moet die veerkragtigheid van gemeenskappe versterk word en volhoubaarheid moet geskep word. Dit sal alleenlik bewerkstellig word as voedselstelsels aangepas word. Die program is tans besig met ‘n steekproef in die Kunene- en Ohangwena-streke om te bepaal of kleinhandelaars kapasiteit het om ‘n koopbewysstelsel vir kwesbare huishoudings te kan volhou. Die program toets koopbewyse vir 2 700 begunstigdes en sê prysaanpassings en beskikbaarheid kan moontlik uitdagings wees. Daar word ook aan ‘n sogenaamde ‘Home-grown’ skoolvoedingskema gewerk en ‘n spesiale spyskaart wat nie net geografiese voorkeure insluit nie maar ook klem lê op plaaslike beskikbaarheid is reeds geskep.