ANC het geen plan nie!

Die ANC het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om stabiliteit in KwaZulu-Natal en Gauteng te bewerkstellig, verwelkom. President Cyril Ramaphosa het die land toegespreek en die gewelddadige protes, plundering en verwoesting van eiendom ten sterkste veroordeel. Maar die leier van die DA, John Steenhuisen, sê Ramaphosa het nie enige nuwe of beduidende maatreëls aangekondig om die geweld, plundering en verwoesting van eiendom in die land stop te sit nie. Hy sê Ramaphosa en sy regering het nie ‘n werkbare plan nie en landsburgers sal sonder bystand die skare oproermakers en plunderaars in die gesig moet staar:

Intussen sê die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, dit is duidelik Suid-Afrika se intelligensiedienste is onbevoeg: