Blitsbokke draf vanaand uit teen die VSA

Suid-Afrika en die gasheer, Amerika, sal vanaand om twintig-oor-ses Suid-Afrikaanse tyd die laaste wêreldreeks-sewestoernooi in Los Angeles afskop. Die Blitsbokke is die verdedigende reekskampioen en is tans bo-aan die punteleer, twee punte voor Australië. Hulle gaan in Groep B ook teen Kanada en die All Blacks te staan kom. Die toernooi word gevolg deur die Wêreldbekertoernooi wat op die Kaapstad-stadion gespeel sal word, van die negende tot die elfde van volgende maand.