Weerkenner: La Niña-stelsel verswak

Weerkenners sê op kort termyn, maar veral die langer termyn, begin reënvaltoestande in Suider-Afrika verswak. Die La Niña-stelsel se onlangse tydelike oplewing kan van korte duur wees. Dit sal in Januarie vinnig verswak om oor te gaan in neutrale toestande. Die bekende onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, Johan van den Berg, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe reënvooruitsigte vir Namibië lyk.

Hy voeg by dat die verswakking van La Niña warmer temperature kan bring.