Goudprys hoogste in ses maande

Die goudprys is die hoogste in ses maande met die Amerikaanse dollar wat teen ander geld-eenhede verswak het. Die dollar het verswak omdat die verwagtinge vir minder aggressiewe rentekoersverhogings deur die Federale Reserweraad van Amerika toeneem. Fed-amptenare het gewaarsku dat ongegronde rentekoersverlagings pogings gaan belemmer om die inflasieteiken te bereik. Omdat die dollar teenoor baie geld-eenhede gedaal het, maak dit goud goedkoper vir beleggers. Die dollar het intussen effens versterk ná die Fed se notules uitgereik is. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence gepraat.