Weerkenner bring goeie nuus vir Namibiese boere

Volgens boere in die Mieliedriehoek van Namibië is reënvalsyfers wisselvallig en val reën kol-kol. Daar is gemengde gevoelens oor die plantseisoen met talle boere wat nog nie begin mielies plant het nie, terwyl sommiges al die kans gewaag het om op droëland te begin plant. Die plaas Olifantsfontein in die Grootfonten-distrik het vanjaar nie normale reënval vir Desember gehad nie en selfs weiding vir die beeste raak min. Die bekende weerkenner en boer van Aranos, George van der Merwe, bring goeie nuus vir boere.