Motorsport: Steenkamps wen Vasbyt

En Motorsport: Pa en seun, Floris Steenkamp (Senior) en navigator Floris Steenkamp (Junior) van Windhoek, het vanjaar se gewilde Standard Bank Namibia Woestyn Vasbyt 4×4-kompetisie in hul turbo-aangedrewe Toyota in die Namibwoestyn gewen. Die kampioene het 580 punte ingesamel uit die tien hindernisse soos onder meer sandputte, duinklim, en ‘n modderput-stadiums wat hulle moes takel. Hulle het net in die eerste fase gewankel en 40 punte ingesamel terwyl hulle maksimum punte van 60 deur die res van die fases ingesamel het.